Boedapest

Boedapest

Budapest
Stad
Vlag van Boedapest
Vlag
Amptelike seël van Boedapest
Seël
Byname: 
"Hart van Europa", "Pêrel van die Donau"
Boedapest is in Europa
Boedapest
Boedapest
Boedapest se ligging in Europa
Koördinate: 47°29′33″N 19°3′5″O / 47.49250°N 19.05139°O / 47.49250; 19.05139Koördinate: 47°29′33″N 19°3′5″O / 47.49250°N 19.05139°O / 47.49250; 19.05139
LandVlag van Hongarye Hongarye
StreekSentrale Hongarye
Stigting106 nC
Unifikasie van Boeda, Pest en Óbuda17 November 1873
Regering
 • BurgemeesterGergely Karácsony
Oppervlak
 • Stad525,2 km2 (202,8 vk. myl)
 • Metro
7 626 km2 (2 944 vk. myl)
Hoogte
96−527 m (−1 633 ft)
Bevolking
 • Stad1 740 041
 • Digtheid3 314/km2 (8 580/vk. myl)
 • Metro
3 284 110
TydsoneCET / UTC +1
 • SomertydCEST / UTC +2
poskode
1011–1239
Skakelkodes1
Webwerfbudapest.hu (hu)
Warning: Page using Template:Infobox settlement with unknown parameter "duimdrukkeretiketposisie1" (this message is shown only in preview).
Warning: Page using Template:Infobox settlement with unknown parameter "duimdrukkerkaart1" (this message is shown only in preview).

Boedapest (Hongaars: Budapest; uitgespreek [ˈbudɒpɛʃt]) is die hoofstad en grootste stad van Hongarye met 'n bevolking van 1 737 000 in 2011. Die Donauoewer, die Kasteel van Buda en Andrássy út is in 1987 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys. Boedapest is gevorm op 17 November 1873 toe Boeda, Óbuda en Pest saamgesmelt het en huisves tans byna 'n vyfde van die Hongaarse bevolking.

Vir die neo-Gotiese parlement, een van die statige geboue wat ter geleentheid van die millenniumfees van die Hongaarse volksplanting in die Pannoniese Laagvlakte in 1896 ontstaan het, het die Londense Westminster-parlement as voorbeeld gedien. Die Hongaarse parlement is in 1904 voltooi as een van die grootste geboue ter wêreld

Tradisioneel word na Boedapest verwys as die "Koningin van die Donau". Die Hongaarse hoofstad is in die oorgangsgebied tussen die heuwelagtige weste van Hongarye en die uitgestrekte vlaktes in die ooste en suide van die land geleë. Die twee groot stadsdele, Boeda en Pest, is respektiewelik aan die wes- en oosoewer van die Donau geleë en word deur 'n reeks brûe met mekaar verbind.

Die geskiedenis van Boedapest begin met 'n Keltiese nedersetting, Aquincum, wat deur die Romeine tot administratiewe setel van hul provinsie Neder-Pannonië (Pannonia Inferior) verhef is.[1] Hongare het hulle in die 9de eeu in die gebied gevestig. Hul eerste nedersetting is in 1241/42 deur Mongole geplunder. Ná sy heropbou het die stad tot een van die Europese sentra van 15de eeuse humanistiese Renaissance-kultuur ontwikkel.

Ná die Slag van Mohács en naastenby 150 jaar van Ottomaanse heerskappy het die streek 'n nuwe bloeitydperk beleef, terwyl Boedapest met die samesmelting van Boeda, Óbuda en Pest tot 'n wêreldstad ontwikkel het. Saam met Wene het Boedapest as hoofstad van die dubbelmonargie Oostenryk-Hongarye gedien, 'n Europese groot moondheid wat as gevolg van die Eerste Wêreldoorlog in 1918 ontbind is. Boedapest was die middelpunt van die Hongaarse Rewolusie van 1848, die Hongaarse Raderepubliek in 1919, die Slag van Boedapest in 1945 en die Hongaarse Rewolusie van 1956.

Al strek die geskiedenis van Boedapest terug tot in die antieke tydperk, het sy indrukwekkende boukuns veral voortgespruit uit sy rol as die middelpunt van die Hongaarse gedeelte van die 19de eeuse dubbelmonargie Oostenryk-Hongarye toe Hongarye drie keer groter was as die huidige republiek. Die millennium van die volksplanting van nomadiese Hongaarse stamme in die Pannoniese Laagvlakte in 1896 is gevier met meesterlike boukuns. En al het Hongarye ná die Eerste Wêreldoorlog groot gebiedsverliese gely, het Boedapest tot die tweede grootste metropool in Sentraal-Europa ná Berlyn gegroei.

Boedapest se tersiêre opvoedingsinstellings sluit die Eötvös Loránd-universiteit (gestig in 1635), die Pázmány Péter Katolieke Universiteit (gestig in 1635) en die Semmelweis-universiteit (die oudste mediese skool in Hongarye, gestig in 1769[2]) in.

  1. Peter F. Sugar, Péter Hanák en Tibor Frank: A History of Hungary. Indiana University Press 1990, bl. 3
  2. semmelweis.hu – Inligting oor die Universiteit Geargiveer 20 November 2020 op Wayback Machine (en) (hu)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search